(Sorry Engelses, Wanganui, Rugby en die Suid-Afrikaner saamtrekke by André & Martie se Top 10 Holiday Park kan net nie in engels gedoen word nie!) Nou ja, André en Martie se Top 10 resort is natuurlik waar ons weer tuis was. Lekker! Ons het al ge-tent, ge-huisie, ge-bungalow ens ens, alles by André & Martie se Top 10 Holiday Resort!!! (As julle wonder oor die herhaaldelike verwysings na die TOP 10 HOLIDAY PARK, dan is dit omdat ek André belowe het hy sal weer free advertising kry by die wie die blog actually lees! :-) Alle grappies op 'n stokkie, dit is rerig lekker om daar te kamp/kuier. Seker maar omdat dit 'n welkome en huislike gevoel het, of omdat die rustigheid van die oewers van die Wanganui rivier dit so mooi maak, wie sal weet, wie sal omgee? Vir ons was dit nog elke keer WOW! Die doel van die trip was natuurlik Rugby. Bokke teen die All Blacks en siende dat arme Niel alleen op sy sitkamer bank moet sit en die katte skrik op die lyf jaag elke keer as hy jubel, gil en komentaar, en bygevoeg dat TOP 10 se e-mail gesê het hulle sal Wellington-Ondersteuning waardeer, het ons besluit dat groot skerm rugby, oop vuur, 5cm dik snye steak en braaibroodjies in samewyn met ander gillende, jubellende, komenterende afrikaners toe nou nie 'n half sleg idee is nie - almal wen! Yipee! Hier volg dan nou die prentjie weergawe...
Niel en André by die oop-kole vuur!
Bok-support was daar nie 'n tekort van nie...
Nog so bietjie advertising vir André :-)
http://www.wrivertop10.co.nz
Niel, baie beindruk met hoe die braaibroodjies vorder.
Na dikgevreet en samewyn is ons toe vort na die kamer met die GROOT skerm. Daar was natuurlik groot viering en die samewyn het nog lank na die game aangegaan vir sommiges!
En toe...
Toe slaap ons dit af en is vort die vlogende dag om weereens by die swaai te stop. Om Wanganui toe te gaan en nie te gaan swaai nie is soos om warm bier te drink. Jy kan, maar jy's simpel as jy dit doen.
Die vreedsame rustigheid is te veel vir woorde.
Toe kom versteur ons dit! :-)
Sonja verduidelik hoe die adrenalien jou laat bewe.
As jy bietjie meer energie het op 'n Sondag oggend kan roei dit vir jou doen, maar ek neem eerder maar net fotos daarvan.
Na die swaaiery het ons belsuit om te gaan uitkyk by die uitkyk punt. Een hoë toring bo op die heuwels wat uitkyk oor Wanganui.
Die Wanganui rivier wat afloop see se kant toe, soos alle riviere maar doen.
Doer in die verte ontmoet vars water see water, soos dit maar gebeur wanneer riviere in die see inloop. (Sien bo).
:-)